Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer begin Halle met oorwinning

Roger Federer het in sy eerste wedstryd op gras vanjaar met Ilya Ivashka, ’n kwalifiseerder van Belarus, afgereken.

Die 39-jarige het Maandag in Halle, Duitsland, ’n sege met 7-6(4), 7-5 behaal.

Roger Federer in aksie teen Ilya Ivashka Maandag in Halle, Duitsland. Foto: Getty Images

Dié Switser was in 2019, die vorige keer wat die toernooi daar aangebied is, die kampioen in Halle.

Die eerste stel het volgens afslane verloop, waarna die vyfde gekeurde Federer die valbylpot gewen het.

Federer het in die wedstryd twee breekpunte teen hom afgeweer.

Hy het in die 12de en laaste pot van die tweede stel die eerste en enigste deurbraak in die wedstryd bewerkstellig om die kragmeting in ’n uur en 34 minute te wen.

Federer kom in die tweede ronde teen Felix Auger-Aliassime van Kanada of Hubert Hurkacz van Pole te staan.

• Suid-Afrika se Lloyd Harris begin sy aanslag daar Dinsdag teen die agtste gekeurde Gaël Monfils van Frankryk.

Harris het Monfils in 2018 in Chengdu, China, in ’n wedstryd op ’n harde baan geklop.

Kevin Anderson, vierde gekeur, is Dinsdag in die tweede Challenger-toernooi in Nottingham teen Denis Kudla van Amerika in aksie. – Sportredaksie, atptour.com


Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.