Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer beperk sy kleibaan-seisoen

Roger Federer gaan sy kragte spaar en geen opwarmingstoernooie op klei speel voor vanjaar se Franse Ope in Parys nie.

Roger Federer in 2019 in die Franse Ope in aksie. Dié toernooi sal vanjaar sy enigste op klei wees. Foto: Getty Images

Dié Switserse tennisheld se agent, Tony Godsick, het aan Reuters bevestig dat Federer se laaste toernooi voor sy besoek aan die rooi klei van Roland Garros ’n hardebaan-toernooi, die Miami Meesterstoernooi van 25 Maart tot 5 April, sal wees.

Dít beteken Federer, die wêreld se nr. 3, sal ’n lang blaaskans hê voor die Franse Ope op 24 Mei begin.

Vanjaar sal nie die eerste keer wees wat Federer ’n verkorte kleibaanseisoen het nie.

Nadat Federer ’n kniebesering in 2016 opgedoen het, wat hom die Franse Ope en Amerikaanse Ope laat misloop het, het hy in 2017, in ’n poging om sy loopbaan te verleng, geen wedstryde op klei gespeel nie. Hy het dieselfde in 2018 gedoen, voordat hy in 2019 in Madrid, Rome en in Parys op klei gespeel het.

Sy verskyning in die Franse Ope verlede jaar was sy eerste sedert 2015. Hy het uiteindelik in die halfeindronde in drie stelle teen die uiteindelike wenner, Rafael Nadal, verloor.

Nadal, wat verlede week in ’n vertoonwedstryd teen Federer in Kaapstad gespeel het voor ’n wêreldrekordskare, het nog nooit op Roland Garros teen die Switser verloor nie. Sy oorwinning oor hom verlede jaar was sy sesde in die Franse Ope.Federer het sy enigste Franse Ope-titel in 2009 gewen. – Sportredaksie

  • Bykomende bron: Tennis.com
Meer oor:  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.