Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer beplan oefenblok van 20 weke

Roger Federer sê hy mis Wimbledon wat gekanselleer moes word weens die Covid-19-pandemie en hoop om volgende jaar terug op die grasbane van S11 te wees.

Roger Federer. Foto: Gallo Images

Die 38-jarige Switserse maestro het ná twee knieoperasies vroeër aangekondig dat hy nie vanjaar weer in aksie sal wees nie.

Hy sê hy sou bitter graag vandeesweek in Londen by Wimbledon wou speel “vir ’n plek in die tweede week.”

Federer het op die bekendstelling van sy Roger Center Court-hardloopskoene gesê hy dis een van sy groot doelwitte en hy werk daarom elke dag hard aan sy herstelproses.

Hy sê dat hy hom regmaak vir ’n oefenblok van 20 weke vanjaar in die hoop om volgende jaar terug op Wimbledon te wees.

Hy sê hy en sy gesin was in die berge in afsondering.

“Ons was baie ernstig en streng (oor die virus). Ons het niemand gesien nie, ek het my ouers vir bykans drie maande nie gesien.”

Hy het dit geniet om vir solank op een plek te kon wees, iets wat hy in 25 jaar nie beleef het nie. – SuperSport, Sportredaksie

Meer oor:  Covid-19-Inperking  |  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.