Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer bevestig Franse Ope-deelname
Roger Federer sal vanjaar weer by Roland Garros in aksie wees. Foto: Getty Images

Roger Federer (39) het Sondag op Twitter bevestig hy begin sy kleibaanveldtog by volgende maand se Genève-ope ter voorbereiding van die Franse Ope.

Die Switser was weens twee knieoperasies vir meer as ’n jaar buite aksie. Hy het verlede maand sy terugkeer by die Katar-ope gemaak waar hy in die kwarteindronde deur Nikoloz Basilashvili van Georgië uitgeskakel is. Die wenner van 20 Grand Slam-titels het hom daarna aan die toernooi in Dubai onttrek om meer tyd op die oefenbaan deur te bring.

“Bly om julle te laat weet dat ek in Genève en Parys gaan speel. Ek sal intussen my tyd gebruik om te oefen. Kan nie wag om weer in Switserland te speel nie,” sê Federer op Twitter.

Hy het die Franse Ope-titel in 2009 verower om sy loopbaan-Grand Slam te voltooi.

Die ATP 250-byeenkoms in Geneva word van 16 tot 22 Mei beslis en die Franse Ope begin op 30 Mei in Parys.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.