Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer: ‘Ek het nie kristalbal, het jy?’
Roger Federer is in vyf stelle geklop in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope. Grigor Dimitrov het hom met 3-6, 6-4, 3-6, 6-4, 6-2 geklop.Foto: Getty Images

Met sy hartverskeurende nederlaag in die Wimbledon-eindstryd nog vars in die geheue, het Roger Federer se onverwagse kwarteind-nederlaag in die Amerikaanse Ope opnuut vrae laat ontstaan of dié 38-jarige tennislegende nog ’n 21ste Grand Slam-titel kan verower.

Federer se droom om sy Grand Slam-rekord verder te verbeter is Dinsdag in New York verydel toe die ongekeurde Grigor Dimitrov hom in vyf stelle geklop het.

Dimitrov, wat tans maar 78ste op die wêreldranglys is, is vroeër in sy loopbaan “Baba Fed” gedoop, omdat daar soveel sy speelstyl soveel herinner aan dié van Federer.

“Ek het nie ’n kristalbal nie, het jy?” het Federer vir ’n verslaggewer gevra toe dié hom ná sy nederlaag gevra het of hy op sy ouderdom nog ’n Grand Slam sal kan wen.

Ek dink steeds ek het ’n goeie jaar gehad. Ek is tans baie teleurgesteld, maar ek sal weer opstaan.
Roger Federer

“’n Mens weet nooit. Ek hoop so, natuurlik. Ek dink steeds ek het ’n goeie jaar gehad. Ek is tans baie teleurgesteld, maar ek sal weer opstaan,” het Federer bygevoeg.

Dié Switser het ook bespiegelinge verwerp dat sy Wimbledon-teleurstelling hom negatief beïnvloed het in die Amerikaanse Ope. Federer het in Julie twee wedstrydpunte in ’n epiese eindstryd teen Novak Djokovic deur sy vingers laat glip en uiteindelik in ’n valbylpot in die vyfde stel verloor.

“Ek het nooit daaraan (Wimbledon) gedink nie. Dis iets wat tot die verlede behoort en ’n mens beweeg aan.

Rafael Nadal. Foto: Getty Images

As ek terugdink aan Wimbledon vanjaar, onthou ek eerder my goeie spel in die halfeindronde (hy het Rafael Nadal toe oortuigend geklop).

Wanneer dit by Federer kom, is niks buite die kwessie nie en boonop het iemand van sy ouderdom al ’n Grand Slam gewen.

Bill Larned was in 1911 op die ouderdom van 38 jaar, agt maande en drie dae die Amerikaanse Ope-kampioen.

Dít sal natuurlik skrale troos bied vir Federer, maar hy het reeds onthul dat hy nie beplan om by die huis te sit en homself jammer te kry nie.

“Laverbeker, Sjanghai, Basel, dalk Parys, Londen. Dís vir nou my skedule,” het Federer gesê oor die toernooie waarin hy nog beplan om vanjaar te speel.

“’n Mens leer om nederlae te verwerk, dis alles deel van die spel. Ek kan nou vir eers daarna uitsien om tyd saam met my vrou en kinders deur te bring. Die lewe is goed,” het Federer gesê. – Reuters

Hoogtepunte van Federer/Dimitrov:

Meer oor:  Roger Federer  |  Grigor Dimitrov  |  New York  |  Switserland  |  Tennis  |  Amerikaanse Ope  |  Kwarteind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.