Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer: Ek kon Kevin nie meer verras nie

Roger Federer het Woensdagmiddag by Wimbledon met ’n lang gesig stelling ingeneem voor ’n geskokte mediakorps. Hy voel aaklig oor sy onverwagse nederlaag teen Suid-Afrika se Kevin Anderson, het hy aan hulle gesê. Hy het kanse gehad om te wen wat hy eenvoudig nie benut het nie.

’n Duidelik teleurgestelde Roger Federer ná sy nederlaag teen Kevin Anderson. Foto: Reuters

Maar dit is nie die einde van die wêreld nie.

“Om eerlik te wees het ek nie sielkundig tam gevoel (tydens die wedstryd) nie,” het hy gesê. “Nou voel ek verskriklik moeg en net aaklig. Dis verskriklik, maar dis hoe dit gaan. Krediet aan (Anderson).”

Federer het gesê hy het aanvanklik uitstekend op die baan gevoel maar later meer begin sukkel in die agterbaan. Anderson het boonop al sterker en sterker geraak.

“Soos die wedstryd langer voortgeduur het, kon ek hom nie meer verras nie. Dis ’n slegte gevoel om te hê. Ek dink nie ek het met genoeg goeie dinge vorendag gekom vir hom om skeef te trap nie. Ek dink dit was uiteindelik die sleutel.”

Met agt Wimbledon-titels agter sy naam en 15 jaar vol wonderlike herinneringe verwag Federer egter nie om neergevel te word deur sy teleurstelling nie.

“Ek weet nie hoe lank dit gaan vat (om oor dié nederlaag te kom nie). Dit kan ’n lang ruk vat, of dit kan my ’n halfuur neem. Ek weet nie.

“Maar natuurlik is die doelwit om volgende jaar terug te kom. Ek sal nie sê daar is nou onafgehandelde sake hier nie. Ek dink ek het nogal goeie sake hier gedoen in die verlede,” het hy met ’n glimlag gesê. “So ek is oukei. Net teleurgesteld.”

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Wimbledon  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.