Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger Federer: ‘Ek kon tuisgebly het’

Dieselfde vrae oor en oor wat sy ouderdom en voorgenome uittrede uit tennis betref, het die Switserse maestro Roger Federer seker al goed keelvol.

Die 20-malige Grand Slam-kampioen vier later vanjaar sy 39ste verjaardag.

Roger Federer op die oefenbaan in Melbourne Park. Foto: Getty Images

Hy hou vol dat hy nog nie ’n besluit oor sy uittrede geneem het nie, maar dat hy wel die laaste paar jaar sy program aangepas het om sy speeldae te probeer rek.

Federer het nie aan verlede week se ATP-bekertoernooi deelgeneem nie en skeptici het gewonder of hy ooit dié somer in Australië sou speel.

Maar hy is in Melbourne en is gretig om sy raket die praatwerk te laat doen in die Australiese Ope, wat Maandag begin.

“Ek het myself verlede week afgevra of ek gelukkig is om Australië toe te gaan, en of dit beter sou wees om net hier te bly en nié my tasse te pak nie.

“Ek kon maklik net tuisgebly het. Maar ek het gesê: ‘Nee, ek wil Melbourne toe gaan en die seisoen daar begin.’

“Ek het voor die seisoen hard geoefen en lang ure ingesit. Ek is in ’n goeie toestand. Ek het natuurlik ’n fantastiese span,” het hy gesê.

“Toe ek jonger was, het ek gehoop dat ek ’n lang tyd sou kon tennis speel,” het hy aan die Sydney Morning Herald gesê.

“So ek het nie eers vyf jaar gelede besluit dat ek nog op 38 wil speel nie. Ek hoop om ’n lang loopbaan te hê en ek werk hard daaraan.”

Caroline Wozniacki en Serena Williams was verlede week dubbelsmaats in die Auckland-toernooi.Foto: Getty Images

* Intussen sal Federer en ander tennissterre hul voorbereiding vir die Australiese Ope Woensdag eers opsyskuif om aan die Rally for Relief-vertoontoernooi in die Rod Laver-arena deel te neem.

Novak Djokovic, Rafael Nadal, Nick Kyrgios en Stefanos Tsitsipas het ook hul deelname bevestig aan die toernooi om geld vir die slagoffers van die verwoestende veldbrande in die land in te samel.

Serena Williams, Caroline Wozniacki en Naomi Osaka verteenwoordig die spelers van die vrouereeks. – Sportredaksie, TeamTalk

* TV: Woensdag 10:00 (SS 5).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.