Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer en Brit verskil oor leë stadions

Roger Federer meen beroepstennis moet eers hervat word wanneer toeskouers by die toernooie toegelaat word.

Die Switserse maestro erken hy is nie ten gunste van toernooie agter geslote deure nie.

Dié sport staan sedert die begin van Maart stil weens die koronavirus-pandemie en die terugkeer-datum mag dalk eers 1 Augustus wees.

Roger Federer / Foto: Gallo Images

Daar is egter steeds vraagtekens of daar wel nog vanjaar gespeel gaan word. Sommige meen egter dat indien die sport vanjaar nog hervat gaan word, sal dit sonder toeskouers sal wees.

Daar is sprake dat sowel die Amerikaanse Ope en die Franse Ope in leë stadions gespeel gaan word, maar die 20-malige Grand Slam-kampioen, Federer, is glad nie te vinde daarvoor nie.

“Die meeste van die tyd wanneer ons oefen, is niemand teenwoordig nie,” het hy aan die voormalige Franse Ope-kampioen, Gustavo Kuerten, in ’n video-oproep gesê.

“Dit is dus moontlik dat ons voor geen toeskouers kan speel, maar ek hoop dinge kan weer na normaal terugkeer.

“Ons moet dalk maar wag totdat dit weer moontlik is dat minstens ’n derde of die helfte van die stadions vol kan wees. Dit sal egter vir my baie moeilik wees om in ’n heeltemal leë stadion te speel,” het Federer gesê.

Die Engelsman Dan Evans stem egter nie saam nie.

Hy meen dat selfs die Amerikaanse Ope in ’n leë stadion ’n ongelooflike skouspel kan wees.

Hy meen dat as die toernooi voortgaan, sal dit ’n sterk boodskap uitstuur.

Die Amerikaanse Ope is veronderstel om van 31 Augustus tot 13 September plaas te vind, maar met New York wat steeds die episentrum van die virus in Amerika is, is daar twyfel of dit wel sal gebeur.

Die organiseerders is nie gretig dat die toernooi sonder toeskouers plaasvind nie en daar is selfs ’n voorstel dat dit na ’n ander plek geskuif moet word.

Evans, tans die voorste Britse tennisspeler op die wêreldranglys (28), is ten gunste daarvan dat dit eerder in leë stadions gespeel moet word.

“Ek wil net graag hê dat die toernooi voortgaan,” het hy op BBC Radio 5 Live gesê.

“Ek dink dit sal steeds ’n ongelooflike skouspel wees, al is daar nie toeskouers nie. Almal sal dit op televisie kyk.

“Federer en Rafael Nadal, of wie ook al, in ’n eindstryd in die Arthur Ashe-stadion sonder enige toeskouers sal vreemd wees, maar ook baie ikonies. Daar sal nog jare daarna daaroor gepraat word.” – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Dan Evans  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.