Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer, Halep op dreef by Indian Wells

Die wêreld se voorste tennisspeler, Roger Federer, en Simona Halep, eerste op die ranglys vir vroue, was albei Woensdagaand aan die wenkant by Indian Wells.

Roger Federer se seisoen het uitstekend begin. Foto: Getty Images

Die Switser het die kwarteindronde gehaal deur Jérémy Chardy van Frankryk met 7-5, 6-4 te klop.

Die 36-jarige Federer, wat in Januarie sy 20ste Grand Slam-titel by die Australiese Ope beklink het, beleef sover ’n ongelooflike seisoen met ’n wenrekord van 15-0.

Dit is sy beste begin sedert 2006 toe hy met ’n wenrekord van 16-0 gespog het en in 33 van sy eerste 34 kragmetings geseëvier het.

“Ek is baie tevrede met my goeie spelpeil,” sê Federer.

“Hier, in hierdie toernooi, is ek verlig dat ek reeds drie wedstryde kon wen. In ’n groot, taai loting soos by Indian Wells is ’n mens nooit seker wat om te verwag nie.”

Federer sal in die kwarteindronde weer swaarde kruis met die opkomende Suid-Koreaanse ster Hyeon Chung. Hulle was vroeër vanjaar ook in die Australiese Ope se halfeindronde slaags. Chung kon die wedstryd weens ’n besering nie voltooi nie.

Halep het die halfeindronde gehaal nadat sy die Kroaat Petra Martic met 6-4, 6-7 (5/7), 6-3 getroef het.

Simona Halep is verseker van die boonste plek op die wêreldranglys. Foto: Getty Images

Die 26-jarige Roemeen se wenrekord hierdie seisoen is 18-1 en sy mik na haar tweede titel van 2018.

Halep moes hard werk vir haar sege en het in sterk wind 2 uur 23 minute nodig gehad om Martic te klop.

“Die toestande was moeilik weens die wind,” sê Halep.

“Ek het net aanhou baklei en miskien is dit hoekom ek gewen het, want ek weier om te verloor.”

Halep is verseker van haar plek boaan die wêreldranglys nadat Caroline Wozniacki Dinsdag uit die toernooi geboender is.

Sy kom volgende teen Naomi Osaka te staan nadat die Japanner die vyfde gekeurde Tsjeg Karolina Pliskova met 6-2, 6-3 verslaan het.

* Suid-Afrika se Kevin Anderson (sewende) het ook sy segetog by Indian Wells voortgesit.

Hy moes diep delf in die vierde ronde, maar het die Spanjaard Pablo Carreño Busta (11de) in drie taai stelle met 4-6, 6-3, 7-6(6) getroef.

Anderson kom nou in die kwarteindronde teen die 21-jarige Kroaat Borna Coric te staan. Coric beklee die 49ste plek op die wêreldranglys.

– Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Simona Halep  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.