Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer help, maar soek nog hulp
Roger Federer maak sy beursie oop vir diegene in sy geboorteland wat sukkel weens die Covid-19-pandemie. Foto: Getty Images

Die tennisspeler Roger Federer en sy vrou, Mirka, het hul beursies oopgemaak en een miljoen Switserse frank “aan die mees kwesbaarste gesinne in Switserland” geskenk.

Dié 38-jarige Federer het ’n beroep op ander gedoen om ook ’n bydrae te lewer.

Weens die Covid-19-pandemie is daar ’n verbod op die hou van alle openbare en private byeenkomste in Switserland. Ook is alle sakeondernemings wat nie lewensnoodsaaklike middele verskaf nie, tot 19 April gesluit.

“Hier is uitdagende tye vir almal en niemand moet agtergelaat word nie. Ons (hy en Mirka) bydrae is net ’n begin.

“Ons hoop dat ander soos ons sal help om behoeftige gesinne en families in nood te help. Saam kan ons hierdie krisis oorkom. Bly gesond,” sê Federer, wat met 20 Grand Slam-titels spog, in ’n plasing op Instagram.

Alle beroepstennis is tot minstens 7 Junie opgeskort, en Wimbledon is veronderstel om op 29 Junie te begin. – Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.