Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer ‘kan nie bekostig om weer te verloor’

Ná sy nederlaag in die eerste ronde van die ATP-jaareindtoernooi teen Dominic Thiem, weet Roger Federer hy kan nie nog so ’n glipsie bekostig nie.

Die 26-jarige Thiem, ’n Oostenryker, het Federer Sondag veral met sy aggressiewe spel oordonder en met 7-5, 7-5 in Londen gewen.

As dinge nie die dag wil regloop nie. Roger Federer tydens sy kragmeting teen Dominic Thiem in die ATP-jaareindtoernooi. Foto: Getty Images

Val Federer (38), wat reeds ses keer die titel gewen het, weer vas in ’n groepwedstryd, sal hy straks nie die uitspeelrondes haal nie – iets wat nog net een keer in sy 16 verskynings hier gebeur het.

Dit sal beteken dat hy die Italianer Matteo Berrettini en die Serwiër Novak Djokovic, wat ook jag maak op die voorste plek op die wêreldranglys, die week sal moet klop.

“My voorspelling is dat dit van hier af ’n normale toernooi sal wees. Ek kan nie weer verloor nie. Dit is hoe dit elke week die afgelope 20 jaar reeds is – so uit daardie oogpunt is hierdie niks nuut nie,” sê Federer, wat met 20 Grand Slam-titels agter sy naam spog.

“Ek moet herstel. Ek moet seker maak dat ek vandag beter speel en hopelik kan ek daardie wedstryd (teen Berrettini) wen.”

Federer was vol lof vir Thiem wat hom reeds drie keer vanjaar geklop het.

“Ek dink hy het ’n goeie vertoning opgedis. My spelpeil was waarskynlik nie goed genoeg nie en die begin het nie dinge vergemaklik nie,” sê Federer.

* Maandag se bepalings: 16:00: Daniil Medvedev t. Stefanos Tsitsipas. 22:00: Rafael Nadal t. Alexander Zverev. – Reuters

Meer oor:  Londen  |  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Roger Federer  |  Atp-Jaareindtoerooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.