Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer kies sy gesin bo nuwe toernooi
Roger Federer eet verlede Sondagaand pizza saam met baljoggies nadat hy sy tiende titel in die Switserse binnenshuise toernooi in Basel gewen het.Foto: Getty Images

Roger Federer het hom Woensdag onttrek aan die eerste spantoernooi om die ATP-beker wat in Januarie in Australië beslis gaan word.

Hy sê hy wil eerder tyd saam met sy gesin deurbring.

Federer se besluit beteken Switserland kan nie meer deelneem nie.

Ses ander lande kan nou kwalifiseer volgens hul voorste spelers se ranglysposisies.

Die toernooi begin op 3 Januarie en sal in Brisbane, Perth en Sydney beslis word in die aanloop tot die Australiese Ope. Spanne van 24 lande sal deelneem.

“Dit is met spyt dat ek my aan die ATP-beker onttrek,” sê Federer. Hy is derde op die wêreldranglys.

Ek het toe besluit ’n ekstra twee weke tuis sal voordelig wees vir my gesin én my tennis.
Roger Federer

“Ek het met my gesin en my bestuurspan gesels oor die jaar wat voorlê.

“Ek het toe besluit ’n ekstra twee weke tuis sal voordelig wees vir my gesin én my tennis,” sê Federer.

“Dit is jammer ek sal nie deel hê aan die nuwe opwindende toernooi op die kalender nie.

“Dit is die regte ding om te doen as ek wil voortgaan om vir ’n langer tydperk in die ATP-reeks te speel.”

Prysgeld van $15 miljoen is in die nuwe toernooi op die spel.

Agttien lande, waaronder Suid-Afrika, het ná die eerste sperdatum in September gekwalifiseer.

Australië kry ’n outomatiese uitnodiging.

Nog ses lande sal na die tweede sperdatum op 13 November bygevoeg word.

Elke wedstryd sal bestaan uit twee enkelspel- en een dubbelspelwedstryd.

Novak Djokovic, Rafael Nadal en Andy Murray het hul deelname bevestig. – Reuters

Meer oor:  Roger Federer  |  Switserland  |  Tennis  |  Onttrek  |  Gesin  |  Atp-Spantoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.