Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer kry slae by kwalifiseerder
Roger Federer beleef waarskynlik nie die ideale voorbereiding vir die Amerikaanse Ope nie. Foto: Getty Images

Die sewemalige kampioen en derde gekeurde Roger Federer is Donderdag in die derde ronde van die Cincinnati-meesterstoernooi deur die Russiese kwalifiseerder Andrey Rublev, 70ste op die wêreldranglys, uitgeskakel.

Rublev was met 6-3, 6-4 baas en pak sy landgenoot Daniil Medvedev (negende) om ’n plek in die halfeindronde.

Die 38-jarige Federer sal nou later vandeesmaand in die Amerikaanse Ope meeding met slegs twee wedstryde op hardebane as voorbereiding onder die blad.

Cincinnati was sy eerste toernooi sedert hy in Julie deur Novak Djokovic in die Wimbledon-eindstryd geklop is.

Rublev het in 61 minute met Federer afgereken, die vinnigste nederlaag wat die Switser gely het sedert hy in 2003 in Sydney in 54 minute die aftog moes blaas.

Maar die wenner van 20 Grand Slam-titels, met byna twee dekades se ervaring as beroepspeler, is nie paniekerig nie ná dié verrassende uitslag.

“Dit is baie belangrik vir my dat ek my fiksheid behou en goed voel,” sê hy.

“Dit maak nie saak hoe hierdie week verloop het nie, ek is bly ek was hier en het goeie oefening ingekry.

“Ek het twee wedstryde gespeel en gehoop ek sou verder vorder – ’n mens beplan nooit om in die eerste ronde of die tweede ronde te verloor nie.

“Ek het nou ’n paar bykomende rusdae. Ek gaan oefen, dit is presies wat ek moet doen voor die VSA-Ope, en dit is dit. Dit is betreklik eenvoudig, hou dinge eenvoudig, maar ek moet hard werk.”

Novak Djokovic, die wêreld se voorste speler, het ’n aangename pad na die eindstryd nadat hy ’n goeie oorwinning behaal het.

Die Serwiër was deurgaans in beheer in sy sege met 6-3, 6-4 oor die Spanjaard Pablo Carreno Busta, 53ste op die ranglys.

Die verdedigende kampioen kom in die kwarteindronde teen die Fransman Lucas Pouille te staan.

Klik hier vir die volledige uitslae.

– Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Wta  |  Roger Federer  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.