Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer maak bolognese van Berrettini

Roger Federer het sy hoop op ’n sewende jaareindtitel lewendig gehou toe hy Matteo Berrettini van Italië Dinsdag in sy tweede wedstryd in Londen geklop het.

Federer, die derde gekeurde, het vergoed vir sy nederlaag Sondag in sy eerste wedstryd teen Dominic Thiem in die ATP-jaareindtoernooi.

Roger Federer is terug op die wenpad in die ATP-jaareindtoernooi in Londen. Foto: Getty Images

Hy het Berrettini, die agtste gekeurde, met 7-6(2), 6-3 geklop.

Die 38-jarige Federer het op 6-5 die eerste breekpunt van die wedstryd gehad, maar die 23-jarige Berrettini het dit te bowe gekom om dit 6-6 in die eerste stel te maak. Die Switserse maestro het toe bolognese van Berrettini in die valbylpot (7/2) gemaak om die eerste stel in 42 minute te beklink.

Federer het onmiddellik daarop voortgebou toe hy in die eerste pot van die tweede stel deurgebreek het om die voortou te neem.

Hy het agterna gesê dit was die sleutel om vroeg in die tweede stel te kon deurbreek.

Federer het op 4-3 in die tweede stel effens fokus verloor. Hy moes drie breekpunte teen hom in dié pot afweer.

Dit het Berrettini sonder stoom gelaat.

Fededer het die tweede van sy twee wedstrydpunte benut om in 78 minute te seëvier.

* Federer speel Donderdag in sy laaste groepwedstryd teen Novak Djokovic wat sy lot sal bepaal.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.