Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer-memorabilia vir $4,7 m. opgeveil

Roger Federer se drome van ’n Olimpiese goue medalje lê aan skerwe, maar hy kan tevrede wees dat sy T-hemde, rakette en skoene uit ’n glorieryke loopbaan vir miljoene dollars opgeveil is.

Roger Federer in aksie op Wimbledon. Foto: Getty Images

InsideSport berig elke liewe artikel van die Switserse legende wat onder die hamer gegaan het, is verkoop. Volgens Christie’s, wat twee afsonderlike veilings aangebied het, het die memorabilia gesamentlik $4,7 miljoen gehaal.

Die gekombineerde opbrengs – meer as drie keer die teiken van $1,3 miljoen – sal aan die Roger Federer-stigting geskenk word, ’n liefdadigheidsorganisasie wat opvoedingshulpbronne aan kinders in Afrika en Switserland verskaf.

“Ek is oorweldig deur die vrygewigheid en entoesiasme van die ondersteuning van oor die wêreld heen,” sê Federer.

Christie’s het die veiling in twee fases behartig.

Die eerste veiling het op 23 Junie in Londen plaasgevind en gefokus op Federer se loopbaan by die vier Grand Slam-toernooie.

Die tweede veiling is aanlyn gehou en het van 23 Junie tot 14 Julie 300 kleiner artikels uit die wenner van 20 majors se loopbaan van 21 jaar te koop aangebied.

Volgens Christie’s het die tweede veiling kopers vanuit 44 lande en ses kontinente gelok.

Die hoogtepunt van die aanlyn veiling was drie rakette wat Federer in 2019 by Wimbledon gebruik het. Die stel is vir $224 543 opgeveil, 23 keer meer as die waardering.

“Die bedrae wat behaal is, is ongelooflik,” sê Federer.

“Ons het die artikels begin versamel, want ons het gedink dat ons eendag iets betekenisvols daarmee kan doen. Ek en Mirka (sy vrou) voel nederig om te sien ons besluit gaan ’n noemenswaardige verskil maak in die lewe van talle kinders.”

Federer, wat op 8 Augustus sy 40ste verjaardag vier, het hom Dinsdag aan die Spele onttrek nadat hy gedurende die grasbaanseisoen weer ’n kniebesering opgedoen het. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Christie's  |  Roger Federer  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.