Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer: ‘Nadal is wêreld se beste speler’

Die drie reuse van manstennis, Roger Federer, Rafa Nadal en Novak Djokovic, oorheers die spel al vir meer as ’n dekade en kenners is dikwels verdeeld oor wie van dié drie die heel beste is.

Federer het egter ’n bietjie olie op die vuur van dié debat gegooi deur onlangs te sê dat Nadal, eerder as Djokovic, die spel se mees oorheersende speler is.

Is Novak Djokovic, Rafa Nadal en Roger Federer die drie beste spelers in die geskiedenis van tennis? Foto: Getty Images

“Dis interessant, hulle het albei totaal verskillende loopbane,” het Federer onlangs aan verslaggewers in Mexiko-stad gesê, waar hy in ’n vertoonwedstryd voor ’n wêreldrekordskare teen Alexander Zverev gespeel het.

“Soos sake nou staan, sal ek sê Nadal is – op grond van wat hy in die Franse Ope vermag het – die wêreld se beste speler.”

Hoewel Federer die rekord hou vir die meeste Grand Slam-titels met 20, is Nadal (19) kort op sy hakke. Djokovic (16) en Nadal is egter heelwat jonger as die Switserse meester en sal heel moontlik nog sy rekord oortref.

Federer se verwysing na die Franse Ope is ’n belangrike een. Nadal het dié Grand Slam-toernooi op klei reeds ’n verstommende 12 keer gewen.

Ek het op my reise kruis en dwars oor Amerika al Mexikaanse aanhangers raakgeloop, maar ek het nie geweet ek het soveel van hulle hier nie.
Roger Federer

Nie een van Djokovic of Federer het een toernooi al tot só mate oorheers nie.

Federer het die meeste van sy sukses op Wimbledon behaal, waar hy agt titels agter sy naam het. Djokovic het sewe van sy Grand Slam-titels in die Australiese Ope versamel.

Federer en Djokovic het soos Nadal ’n loopbaan-Grand Slam behaal, maar kon elk net die Franse Ope een keer wen.

Federer het intussen gesê hy is onkant betrap deur die 42 000 toeskouers, die meeste nog by ’n tenniswedstryd, wat vir sy vertoonstryd teen Zverev opgedaag het.

“Ek het op my reise kruis en dwars oor Amerika al Mexikaanse aanhangers raakgeloop, maar ek het nie geweet ek het soveel van hulle hier nie,” het hy gesê.

Federer hoop nou om dié rekord in Februarie in Kaapstad te oortref, wanneer hy en Nadal in ’n wedstryd ten bate van liefdadigheid in die Kaapstad-stadion te staan gaan kom.

Nagenoeg 50 000 toeskouers word by daardie wedstryd verwag – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.