Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer nog nie gereed om uit te tree nie

Ondanks nóg ’n operasie, is Roger Federer nog nie gereed om uit te tree nie, met dié Switserse tennismaestro wat bevestig het hy hoop om aanstaande jaar deel van die Olimpiese Spele in Tokio en ook die Wimbledon-toernooi te wees.

Roger Federer vroeër vanjaar in Kaapstad in ’n vertoonwedstryd teen Rafa Nadal in aksie. Foto: Gallo Images

Dié 20-malige Grand Slam-kampioen het ’n knie-operasie ondergaan in Februarie met die doel om voor Wimbledon vanjaar terug in aksie te wees en ook dan aan die Olimpiese Spele, wat later vandeesmaand in Tokio sou begin het, deel te neem.

Albei dié toernooie is egter gekanselleer weens die Covid-19-pandemie, terwyl Federer ’n verdere terugslag beleef het toe hy ’n tweede operasie aan sy knie moes ondergaan.

Hoewel tennis veronderstel is om in Augustus te hervat, is Federer gedwing om sy seisoen vir die res van die jaar op te skort.

Die voormalige voorste speler ter wêreld het erken hy het die laaste ruk uittrede oorweeg, maar sê hy is nou weer vasbeslote om wel tog aanstaande jaar terug te keer.

“My doel is om in Tokio in 2021 te speel. Dit is ’n wonderlike stad en ek het my vrou met my eerste Olimpiese Spele in 2000 ontmoet. Dit is ’n baie spesiale geleentheid vir my,” het hy gesê tydens die bekendstelling van ’n aanlyn program The Roger.

Hy het aanlyn oproepe van ondersteuners geneem en gesê: “Ek het twee operasies gehad en kan nie nou balle slaan nie. Ek glo egter ek sal gereed wees in 2021.”

Hy is ook gevra oor Wimbledon en sê hy hoop om aanstaande jaar by die All Engeland Club in aksie te wees.

“Natuurlik mis ek Wimbledon en ek sou graag nou daar wou wees op die hoofbaan besig om te speel vir ’n plek in die tweede week van die toernooi.

“Een van my groot doelwitte, en dit is hoekom ek elke dag rehabilitasie doen en so hard werk, en hoekom ek vir 20 weke net fisiek wil oefen, is omdat ek hoop om volgende jaar weer by Wimbledon te kan speel.” – TeamTalk

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Wimbledon  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Uittrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.