Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer onttrek, fokus nou op Wimbledon
Roger Federer het Saterdagaand goed gespeel en gewen teen Dominik Koepfer, maar hy het ook ongemak en pyn verduur. Foto: Reuters

Roger Federer het hom Sondag aan die Franse Ope onttrek.

Hy het Saterdagaand ’n taai kragmeting in vier stelle in die derde ronde teen die Duitser Dominik Koepfer gewen, maar wil nou eerder op sy voorbereiding vir die grasbaanseisoen toespits.

Die 39-jarige Switserse maestro het die laaste 17 maande beswaarlik mededingende tennis gespeel nadat hy twee knieoperasies onderdaan het.

Hy was Saterdagaand in die laat wedstryd by Roland Garros duidelik in ongemak.

Hy het deurgedruk en in drie en ’n half uur met 7-6, 6-7, 7-6, 7-5 gewen.

Dit het glad nie gehelp dat die wedstryd eers om 21:00 begin het nie.

Nog ’n moeilike wedstryd sou in die vierde ronde op hom wag – ’n afspraak met die Italianer Matteo Berrettini.

Federer sê hy het besluit om hom te onttrek ná gesprekke met sy span.

“Ná twee knieoperasies en rehabilitasie van meer as ’n jaar, is dit belangrik dat ek na my liggaam luister en nie oorhaastig weer speel nie,” het die Switser gesê.

Federer se doelwit is nou om fiks te wees vir Wimbledon, wat op 28 Junie begin.

Hy het ook nog deelname aan die Olimpiese Spele in sy vier.

Die voormalige speler Mats Wilander sê Federer het goed gespeel teen Koepfer.

“Ek respekteer hom ongelooflik dat hy deurgedruk het. Hy kon maklik die handdoek ingooi en sê hy het genoeg voorbereiding vir Wimbledon gehad.

“Maar hy wil wedstryde wen en ek is so ingenome met hom,” het Wilander gesê.

Federer was die agste gekeurde. Die toernooi duur tot Sndag. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.