Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer se vrou laat harte warm klop

Roger Federer het in sy beroepsloopbaan meer as 1 200 tenniswedstryde gewen, wat meer as 350 seges net in kragmetings in Grand Slam-toernooie insluit.

Die 38-jarige Switser se vrou, Mirka Federer, was ’n toeskouer by meeste van daardie wedstryde en sy is welbekend onder aanhangers weens haar deurlopende teenwoordigheid en ondersteuning.

Mirka Federer maak Woensdagaand seker dat sy haar man se onderhoud op haar selfoon afneem. Foto: Getty Images

Dit is waarom haar reaksie op Federer se oorwinning Woensdag in die tweede ronde van die Australiese Ope, ’n gemaklike sege in skoonstelle, so hartroerend was.

Federer verskyn in sy 23ste jaar in die ATP-reeks en speel in sy 20ste Aussie Ope, maar selfs ná sy mees onlangse betreklik onmerkwaardige oorwinning, het Mirka steeds sy onderhoud op die baan met haar selfoon afgeneem.

Sy het gekyk hoe hy 20 Grand Slam-titels wen, maar vir haar was hierdie tweederonde-kragmeting in die middel van die eerste week in Melbourne ’n oomblik om te koester.

Sy word weens haar volgehoue ondersteuning van haar man soms as ’n verdelende figuur beskou, maar sy het Woensdagaand ’n paar harte warm laat klop.

– Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.