Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer speel in Katar, mis ope in Miami

Die tennisster Roger Federer sal nie aan hierdie maand se Miami-ope deelneem nie.

Roger Federer was aan die begin van 2020 laas in aksie. Foto: Getty Images

Luidens die Miami Herald sal die Switser die kans misloop om sy titel in Miami in die Meesters1000-toernooi, wat van 22 Maart tot April 4 sal plaasvind, te verdedig.

Federer fokus glo daarop om ná twee knie-operasies in die afgelope 12 maande weer fiks te word.

Die goeie nuus is egter dat die Australiese Ope-kampioene Novak Djokovic en Naomi Osaka na verwagting albei sal deelneem, terwyl Serena Williams en Rafael Nadal ook hul slag sal wys.

Federer, ’n 20-malige Grand Slam-wenner, sal egter steeds volgende week sy langverwagte terugkeer tot tennis in die Katar-ope in Doha maak.

Tony Godsick, die 39-jarige speler se agent, het bevestig dat Federer ook oorweeg om ná die toernooi in Katar aan ’n toernooi in Dubai deel te neem.

Daarna gaan hy egter eers weer ’n blaaskans neem.

Federer se laaste wedstryd was in die halfeindstryd in 2020 se Australiese Ope waar hy teen Djokovic vasgeval het.

* Intussen het Djokovic Maandag die maestro se rekord vir die meeste aantal weke in die voorste plek op die ATP-wêreldranglys geëwenaar.

Albei die spelers het nou dié posisie vir ’n merkwaardige 310 weke beklee.

Djokovic se negende Australiese Ope-titel het dit ’n uitgemaakte saak gemaak dat hy Federer op 8 Maart sal verbysteek.

Die Serwiër het gesê dat hy sy kalender sal aanpas en dit ’n doelwit maak om Federer en Nadal se gesamentlike rekord van 20 Grand Slam-titels te oortref.

“Nou, nadat ek hierdie historiese prestasie van die langste tyd in die voorste plek (op die wêreldranglys) behaal het, kan ek nou al my aandag op die Slams toespits,” het Djokovic ná sy triomf op Melbourne Park gesê.

“Wanneer jy die voorste plek teiken, moet jy basies die hele seisoen speel en goed speel. Jy moet aan al die toernooie deelneem.

“My doelwitte sal aanpas en ietwat verander, wat beteken dat ek my kalender ook sal verander – nie omdat ek moet nie, maar ek het nou die geleentheid om dit te doen wat vir my, as ’n pa en ’n man, iets is waarna ek uitsien,” het Djokovic bygevoeg. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Roger Federer  |  Miami-Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.