Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer stuit Nadal in halfeind op gras
Roger Federer (Getty Images)
LONDON, ENGLAND - JULY 04: Rafael Nadal of Spain c
Die Spanjaard Rafael Nadal is duidelik in sy noppies na sy sege Donderdag oor die Aussie Nick Kyrgios in die tweede ronde op Wimbledon. (Getty Images)

Die Switserse grasbaanmeester Roger Federer het Vrydagaand deurgedring na die eindstryd van die Wimbledon-tennistoernooi toe hy Spanje se kleibaankoning Rafael Nadal in vier stelle uitgeskakel het.

Federer, wat in die kwarteind met sy sege oor Japan se Kei Nishikori die eerste mansspeler geword het om 100 wedstryde in ’n enkele Grand Slam-tennistoernooi te wen, was in die halfeind net te goed vir sy jarelange teenstander.

Hy het uiteindelik met 7-6(3), 1-6, 6-3, 6-4 gewen  en in die vierde stel vyf wedstrydpunte nodig gehad om die taai Spanjaard tot oorgawe te dwing.

Met die sege  het hy sy eindstryd-afspraak met Serwië se Novak Djokovic, die verdedigende kampioen, bespreek. 

Dié kragmeting word Sondag beslis.

Die bykans 38-jarige Federer is op soek na sy negende titel op die heilige grasbane in Londen. 'n Sege sal hom ook sy 20ste Grand Slam-kroon in die sak bring.

Djokovic, wat in verlede jaar se eindstryd in skoon stelle met Suid-Afrika se Kevin Anderson afgereken het, is deur na vanjaar se beslissende kragmeting nadat hy Vrydagmiddag met die Spanjaard Roberto Bautista Agut in vier stelle klaargespeel het. - Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.