Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer vee Sonego vinnig uit sy pad

Sy bruin tennishemp van sy nuwe borg laat aanhangers dalk gaap, maar daar het niks geskort met Roger Federer se tennisstyl nie.

Roger Federer het Sondag op die eerste dag van die Franse Ope-tennistoernooi vinnig met sy teenstander klaargespeel. Foto: Reuters

Hy was Sondag op sy klassieke beste op die eerste dag van die Franse Ope in Parys.

Die 37-jarige Switser het die laaste keer in 2015 op dié rooi kleibane gespeel, maar dit het nie so gelyk nie.

Hy het met gemak tot die tweede ronde deurgedring met ’n oorwinning van 6-2, 6-4, 6-4 oor die Italianer Lorenzo Sonego.

Die maestro het sy enigste titel op Roland Garros tien jaar gelede gewen. Die derde gekeurde het die toeskouers op die opgeknapte Philippe Chatrier-baan met puik houespel getrakteer en sy teenstander se terugvegpoging in die tweede stel gou in die kiem gesmoor.

Hy het in dié stel gou-gou ’n voorsprong van 4-0 opgebou, wat ’n toeskouer laat gil het hy moenie die wedstryd so gou klaarmaak nie.

Die Switser se volgende teenstander is Oscar Otte van Duitsland.

Federer het geen teken getoon van ’n beenbesering, wat hom voorverlede week uit die Italiaanse Ope gedwing het nie.

Die onbekende Duitser Yannick Hanfmann is Maandag Rafael Nadal, die tweede gekeurde, se eerste teenstander.

Ook die naam van Novak Djokovic, die eerste gekeurde, se Poolse teenstander, Hubert Hurkacz, laat nie baie klokkies lui nie.

Stefanos Tsitsipas, die sesde gekeurde, het sy eerste wedstryd redelik maklik met 6-2, 6-2, 7-6(4) teen die Duitser Maximilian Marterer gewen.

Marco Cecchinato, wat verlede jaar die halfeindronde gehaal het, is deur Nicolas Mahut uitgeknikker. Die telling was 2-6, 6-7(6), 6-4, 6-2, 6-4.

Die Fransman het 56 wenners teen die Italianer behaal en 47 punte by die net gewen. Cecchinato was die 16de gekeurde.

  • In die vroue-afdeling het Karolina Pliskova, die tweede gekeurde, Madison Brengle met 6-2, 6-3 geklop.

Die Duitser Angelique Kerber se Paryse uitstappie is egter kortgeknip. Anastasia Potapova van Rusland het haar met 6-4, 6-2 van die baan gevee.

* TV: Maandag vanaf 11:00 op SS 5. – Sportredaksie en Reuters

Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.