Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger Federer verdien R5,1 miljoen per dag

Roger Federer, wenner van 20 Grand Slam-titels, het die sokkerster Lionel Messi uitgestof en word die eerste tennisspeler boaan Forbes se jaarlikse lys van die bes betaalde sportlui in die wêreld.

Roger Federer op sy besoek aan Suid-Afrika in Februarie. Foto: Getty Images

Die 38-jarige Switser het vier plekke opgeskuif nadat hy die afgelope jaar £86,2 miljoen verdien het – waarvan £81 miljoen uit borgskappe.

Dit beteken Federer verdien nagenoeg R35,7 miljoen per week, oftewel R5,1 miljoen per dag.

Juventus se Cristiano Ronaldo (£85 miljoen), Barcelona se Messi (£84 miljoen) en Paris Saint-Germain se Neymar (£77,5 miljoen) is volgende, terwyl die Amerikaanse basketbalspeler LeBron James (£71,5 miljoen) die topvyf voltooi.

Forbes het vroeër vandeesmaand bekend gemaak die Japanse tennisspeler Naomi Osaka is die bes betaalde sportvrou. Sy is 29ste op die algehele lys, wat Vrydag gepubliseer is.

“Die Covid-19-pandemie het salarisbesnoeiings vir die sokkersterre Messi en Ronaldo tot gevolg gehad en sodoende is die weg gebaan vir ’n tennisspeler om vir die eerste keer boaan die lys te pronk,” sê Forbes se redakteur, Kurt Badenhausen.

Osaka (22) het verlede week die sportvrou geword wat die meeste tot dusver in 12 maande verdien – en het boonop in die proses as’t ware met een van haar aartsvyande, Serena Williams, afgereken.

Sy het die afgelope jaar $37,4 miljoen in onder meer prysgeld verdien. Sy het $1,4 miljoen meer as die 38-jarige Amerikaner, wat die vorige vier jaar boaan die lys was, in haar sak gesteek.

Wat Osaka, ’n tweemalige Grand Slam-wenner se prestasie meer besonders maak, is dat dit die meeste geld is wat ’n sportvrou tot nog toe in ’n tydperk van 12 maande kon verdien.

Die vorige rekord het agter die naam van nog ’n tennisspeler, Maria Sharapova, gepryk in wie se bankrekening $29,7 miljoen in 2015 gedeponeer is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Neymar  |  Forbes  |  Roger Federer  |  Naomi Osaka  |  Lionel Messi  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.