Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Roger Federer weer na Olimpiese Spele
Roger Federer dra die vlag van Switserland voor 2008 se Spele. Foto: Getty Images

Roger Federer het bevestig dat hy volgende jaar in Tokio weer vir Switserland tennis wil speel by die Olimpiese Spele.

Dié 20-malige Grand Slam-wenner kon nog nooit die Spele-enkelspeltitel wen nie en was in 2012 in Londen ’n finalis. Dit sal sy vyfde Spele wees. Dit eindig die dag ná sy 39ste verjaardag.

Federer se eerste Spele was in 2000 in Sydney en hy was beseer die vorige keer toe dit in Rio de Janeiro plaasgevind het, berig dailymail.co.uk.

Federer spog wel met ’n Olimpiese goue medalje in sy trofeekas. Hy en Stan Wawrinka was in 2008 in Beijing die dubbelspelwenners.

Federer is ook al twee keer deur sy land as amptelike vlagdraer – in Athene en in Beijing – ingespan. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.