Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer soek beste peil voor Wimbledon

Roger Federer sê hy het “verbetering en geen terugslae” ervaar nie sedert hy in Maart sy terugkeer tot die tennisbaan gemaak het ná meer as ’n jaar op die kantlyn weens twee knie-operasies.

Federer, wat na verwagting volgende week in Halle in Duitsland sy grasbaan-seisoen sal afskop, het aanvanklik ’n terugkeer by vanjaar se Australiese Ope geteiken nadat hy verlede jaar in die halfeindronde uitgeval het, maar stadige vordering het hom gestuit.

Roger Federer Foto: Getty Images

Sy eerste wedstryd was by die Katar-ope, maar hy teiken volle fiksheid tydens die grasbaan-seisoen en op Wimbledon, waar hy agt van sy 20 Grand Slam-titels verower het, hoop hy om sy beste peil te herwin.

“Maart was steeds baie vroeg vir my terugkeer, maar ek het net gevoel dat dit ’n goeie tyd was om weer op die baan uit te stap,” het die 39-jarige speler, wat verlede week uit die Franse Ope onttrek het om sy liggaam te beskerm ná ’n taai oorwinning in die derde ronde, gesê.

“Ek het gedink dat dit algeheel baie goed in Doha gegaan het, want ek weet dat my verwagting naby aan niks was nie. Daarom is ek bly dat ek twee mededingende wedstryde daar kon speel.

“Sedertdien het ek nog net verbetering gesien en geen struikelblokke nie. Ek moet ná die twee operasies baie versigtig wees met elke beweging wat ek maak, maar dit is nou tyd om voluit te gaan. Hierdie is eindelik waar die seisoen hopelik ten volle begin vir my.”

Federer het Donderdag in Duitsland weer sy eerste proesel aksie sedert Roland-Garros gehad by die ATP 500-geleentheid in Halle, ’n stad waar hy al 10 titels ingepalm het.

Die Switser sê hy het vir 30 minute lae-intensiteit-oefeninge gedoen, maar hy voel asof sy liggaam herstel het.

“Die knie kort net altyd ekstra versorging en ek hoop dit reageer goed op die gras,” het hy gesê en bygevoeg dat hy voel asof al sy “sterkpunte versterk” wanneer hy op gras speel.

“Ek is redelik positief oor my kanse . . . Ek het selfvertroue dat ek op een of ander manier oukei gaan wees in die komende dae, maar ek wil natuurlik beseringvry bly. Dít is die belangrikste in dié stadium.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Roger Federer  |  Wimbledon  |  Roland-Garros  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.