Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer wil fiksheid voor Ope toets
Die Switserse tennismaestro Roger Federer. Foto: Getty Images

Severin Luthi, Roger Federer se afrigter, sê die Switserse tennisster gaan moontlik in ’n opwarmingstoernooi voor volgende jaar se Australiese Ope in aksie wees.

Die 20-malige Grand Slam-wenner het in Februarie ’n knieoperasie ondergaan en sou in Junie begin speel, maar ’n terugslag het ’n tweede operasie genoodsaak.

Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy sy jaar vroeg afgelas het. Hy het intussen belowe om volgende jaar tot die beroepsreeks terug te keer.

Luthi sê dit gaan goed met Federer se herstelproses en dat hy binnekort weer kan begin oefen.

“Dit gaan goed met Roger. Dis nie verbasend nie, want hy sien altyd die positiewe kant van dinge.

“Hy het reeds saam met Pierre Paganini begin met fisieke oefeninge. Hy beplan om middel Augustus weer op die baan te begin oefen.”

Die laaste mededingende toernooi waarin Federer betrokke was, was vanjaar se Australiese Ope, waar hy in die halfeindronde deur Novak Djokovic getroef is.

Die 38-jarige Federer het die toernooi in Melbourne geoormerk vir sy terugkeer tot die spel, maar hy kan reeds vroeër weer begin speel.

“Ons hou by wat besluit is. Hy sal met die Australiese Ope van 2021 terug wees, sou dit nog plaasvind. Ons oorweeg egter om net voor Melbourne in ’n toernooi te speel.” – TeamTalk

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.