Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
'Djokovic sal meeste Slam-titels wen'

Die Spaanse tennisspeler en voormalige voorste speler ter wêreld, Juan Carlos Ferrero, glo Novak Djokovic gaan bo Roger Federer en Rafael Nadal eindig in die stryd om die meeste Grand Slam-titels.

Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Federer is tans die voorloper met 20, gevolg deur Nadal op 19 en Djokovic op 17.

Die Serwiër en Spanjaard het egter goed ingehaal sedert die Switser se laaste triomf, in die Australiese Ope in 2018. In die tydperk sedertdien het Djokovic vyf Grand Slams syne gemaak, terwyl Nadal drie by sy totaal gevoeg het.

Djokovic het ook die voordeel van ouderdom in sy guns deurdat hy 33 word in Mei, terwyl Nadal 34 sal wees in Junie en Federer in Augustus 39 jaar oud word.

Toe hy deur tennishead.net gevra is of hy dink Djokovic kan Federer se rekord oortref, het Ferrero gesê: “Ek dink beslis hy kan. Ek glo Nadal kan dit ook doen. Tog glo ek met die ouderdomsvoordeel wat hy het, sal Djokovic bo kan eindig.”

Die groot drie het die Grand Slam-toernooie oorheers en tussen hulle 56 gewen, insluitende die laaste 13.

Die volgende generasie se wag vir ’n Grand Slam-titel duur voort, ofskoon Dominic Thiem en Daniil Medvedev al naby gekom het.

Ferrero het die Franse Ope in 2003 gewen en hy reken die trio sal nog ’n hele ruk lank kan oorheers.

“Die jonger spelers raak al hoe nader daaraan en hul peil verbeter, maar Federer, Nadal en Djokovic sal steeds die groot nuusmakers wees die volgende paar jaar,” sê hy.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.