Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Flater op trofee laat Roland Garros bloos

Die tenniswêreld was 43 jaar lank oortuig daarvan dat Sue Barker die laaste Britse vrou was wat die Franse Ope-titel gewen het, maar blykbaar was hulle verkeerd.

Sue Barker, die Franse Ope-kampioen in 1976, word foutief as ’n Aussie op die Coupe Suzanne Lenglen-trofee genoem. Foto: Reuters

As ’n mens die gravering op die Coupe Suzanne Lenglen-trofee goed bekyk, blyk dit dat Barker ’n Australiër was.

BBCSport berig Ashleigh Barty, daadwerklik ’n Aussie, het die fout opgemerk nadat sy Saterdag die vroue-enkelspeltitel op Roland Garros gewen het.

Sy het die trofee bestudeer vir die name van haar landgenote soos Margaret Court, die laaste Aussie-kampioen in Parys, in 1973. Maar langsaan Barker se naam is “AUST” in plaas van “GB” gegraveer.

Barker, deesdae ’n BBC-aanbieder, het haar enigste Grand Slam-titel in 1976 beklink. Maar niemand het in die afgelope 43 jaar die fout op die trofee reggestel nie.

Die organiseerders het Sondag die versekering gegee dat die fout reggestel sal word. Hulle sal ook die fout by die 1977-gravering regstel, waar die kampioen Mima Jausovec se van as Jausevec gespel is.

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.