Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Fabio Fognini laat sny aan albei enkels
Fabio FogniniFoto: Getty Images

Fabio Fognini, die wêreld se 11de beste manstennisspeler, het Saterdag operasies aan albei sy enkels ondergaan.

In ’n verklaring wat dié 33-jarige Italianer op Twitter geplaas het, sê hy hy het gehoop die onderbreking van twee maande weens die koronavirus-pandemie sou sy enkelprobleme opgelos.

“Ek sukkel vir drie en ’n halwe jaar met my linkerenkel en het al daarmee leer saamleef. Maar toe het my regterenkel my die laaste twee jaar ook begin pla,” sê Fognini.

“Ná ’n mediese ondersoek en ’n lang gesprek met my span het ek besluit om artroskopiese chirurgie aan albei enkels te ondergaan. Ek glo dis die regte ding om te doen terwyl die reeks op ys geplaas is.”

Weens die pandemie is geen beroepstoernooie sedert die begin van Maart gespeel nie en die ATP-reeks is tot ten minste die begin van Augustus opgeskort. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Beserings  |  Fabio Fognini
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.