Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Franse Ope word met 'n week uitgestel
Die Franse Ope begin nou eers ’n week later op Roland Garros. Foto: Getty Images

Vanjaar se Franse Ope is weens die Covid-19-pandemie met ’n week uitgestel en sal nou eers op 30 Mei begin.

Dié verandering is Donderdag deur die Franse Tennisfederasie (FFT) aangekondig.

Dit gaan ’n invloed hê op die begin van die grasbaanseisoen. Drie toernooie moet volgens die tenniskalender op 7 Junie begin. Die mans en vroue is in aksie in die s’Hertogenbosch-toernooi in Nederland, terwyl die mans ook in ’n toernooi in Stuttgart, Duitsland, en die vroue ook in Nottingham, Engeland, vir Wimbledon gaan opwarm.

Gilles Moreton, president van die FFT, sê hulle het met plaaslike owerhede en die beheerliggame van tennis, hul vennote en die uitsaaier gepraat voordat die besluit geneem is. Hy sê daar is nou meer tyd dat die gesondheidsituasie kan verbeter. Dit sal die kans versterk dat meer toeskouers toegelaat sal word. Verlede jaar is slegs 1 000 mense per dag by Roland Garros toegelaat.

Frankryk bevind hom tans in derde nasionale inperking om die verspreiding van Covid-19 in toom te hou.

Pres. Emmanuel Macron het sy hoop uitgespreek om dit teen die middel van Mei op te hef. – supersport.com

Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.