Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Gauff gebruik haar stem teen rassisme

Is ek volgende?

Coco Gauff Foto: Getty Images

Met dié woorde het die Amerikaanse tiener-tennissensasie Coco Gauff in ’n video haar stem gevoeg by haar landgenote se woede oor die dood verlede Maandag van George Floyd aan die hand van ’n wit polisieman.

In die TikTok-video wat sy op haar Twitter-blad gedeel het, dra Gauff ’n swart sweetpakbaadjie met ’n kappie en sy hou haar hande in die lug.

Op Gauff se video lui ’n onderskrif: “Dit is waarom ek my stem gebruik om teen rassisme te baklei. Ek gebruik my stem. Gaan jy joune gebruik?”

Floyd, ’n 46-jarige, ongewapende swart man, is in Minneapolis, Minnesota, dood nadat ’n polisielid, Derek Chauvin, sy knie langer as sewe minute op Floyd se nek gedruk het totdat hy bewusteloos geword het.

Chauvin is van moord aangekla en afgedank.

Floyd se dood het tot groot protesoptogte in Amerika gelei en meer as 1 600 mense in 22 stede is weens oproer in hegtenis geneem.

Coco Gauff se video teen rassisme en polisiegeweld op Twitter.Foto: Twitter

Die 16-jarige Gauff se video bevat ook foto’s van ander Afro-Amerikaners wat vermoor is.

Sy wys ook ’n foto van Ahmaud Arbery (25) wat in Februarie vanjaar deur drie wit mans in Brunswick, Georgia, doodgeskiet is, asook die tiener Trayvon Martin, wat in 2012 doodgeskiet is.

Sy dood het tot die Black Lives Matter-veldtog gelei.

Die jong tennisster het haar by verskeie sportlui soos die basketbalspelers LeBron James en Lisa Leslie aangesluit wat ook uitgevaar het teen Floyd se dood. – Reuters

Meer oor:  George Floyd  |  Optogte  |  Tennis  |  Coco Gauff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.