Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Geen keer aan Coco Gauff se opgang
Coco Gauff / Foto: Getty Images

Die Amerikaanse tiener Coco Gauff het Woensdag in Linz deurgedring na haar eerste WTA-kwarteindstryd en in die proses vir die eerste keer haar plek onder die wêreld se top-100-spelers verseker.

BBCSport berig Gauff, tans nr. 110 op die ranglys, word in die ouderdom van 15 jaar en 214 dae die jongste speler sedert Januarie 2015 om die laaste agt van ’n WTA-toernooi te haal.

Sy het met haar sege boonop voorwaardelik na 94ste op die ranglys opgeskuif, ’n treetjie nader aan outomatiese kwalifikasie vir die Australiese Ope.

“Dit is ’n goeie prestasie en hopelik kan ek aanhou goeie vertonings lewer,” sê sy.

“Ek dink ek is maar gewoond daaraan om die jongste te wees om baie dinge te doen, hopelik kan ek so voortgaan en my jongjare geniet want, soos almal my vertel, dit hou nie baie lank nie.”

Gauff het die verbeelding aangegryp deur die laaste 16 by Wimbledon te haal voordat sy tot die derde ronde in die Amerikaanse Ope deurgedring het.

Sy was aan die begin van 2019 685ste op die wêreldranglys.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Coco Gauff  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.