Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Geen keer aan die kleikoning in Parys
Rafael Nadal was Sondag onstuitbaar teen die kwalifiseerder Sebastian Korda. Foto: Reuters

Rafael Nadal van Spanje het die Amerikaanse kwalifiseerder Sebastian Korda Sondag met 6-1, 6-1, 6-2 van die baan gevee om die kwarteindronde van die Franse Ope te haal.

Die Spaanse kleimaestro het só ’n tree nader gegee aan ’n 13de titel op Roland Garros in Parys.

Dit was ’n eensydige wedstryd op ’n winderige dag teen Korda, nr. 213 op die wêreldranglys.

Korda (20) het in Nadal se eerste afslaanpot – wat nege minute geduur het – twee breekpunte gehad, asook ’n kans om die tweede pot te wen, maar kon nie een daarvan benut nie.

Nadat Nadal ’n voorsprong van 5-0 opgebou het, het die Amerikaner se skouers begin hang.

Korda, die seun van Petr, die naaswenner in 1992, kon nie die sterk wind óf Nadal baasraak nie. Die eerste twee stelle het saam net meer as ’n uur geduur.

Die 34-jarige Nadal het ’n bietjie konsentrasie verloor en sy afslaan aan die begin van die tweede stel verloor om met 0-2 agter te loop. Hy het daarna die volgende ses potte vinnig ingeoes.

Nadal het tot dusver net 23 potte afgestaan, maar het nog nie teen ’n gekeurde te staan gekom nie.

Sy volgende teenstander is die opkomende Italianer Jannick Sinner.

Nadal het die 42ste keer die kwarteindronde van die Franse Ope gehaal.

In nog 'n opskudding het opkomende Italianer Jannik Sinner in drie ure met die Duitser Alexander Zverev, die sesde gekeurde, afgereken. Die telling was 6-3, 6-3, 4-6, 6-3 afgereken. – Reuters

Meer oor:  Parys  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.