Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Geen Wimbledon in 2020’

Wimbledon sal Woensdag afgelas word.

So het Dirk Hordorff, visepresident van die Duitse Tennisfederasie, aan Sky Sports Duitsland gesê.

Gaan Wimbledon vanjaar plaasvind?Foto: Getty Images

Beamptes van die All England Lawn Tennis Club het verlede week gesê die grasbaantoernooi sal nié sonder toeskouers gespeel word nie en die uitstel daarvan sal besonder moeilik wees.

Die grasbaantoernooi in Londen is veronderstel om op 29 Junie te begin.

Hordorff sê organiseerders hou Woensdag ’n raadsvergadering waar ’n finale besluit geneem sal word.

Hy sê hy is ook betrokke by die rade van die ATP en die WTA – onderskeidelik die mans en die vroue se beroepsreekse.

“Die besluit is reeds geneem en Wimbledon sal Woensdag besluit om dit af te las. Daar is geen twyfel daaroor nie. Dit is noodsaaklik in die huidige situasie,” sê Hordorff.

“Dit is onrealisties om te dink dit kan voortgaan met die huidige reisbeperkings wat geld – dat duisende mense na ’n toernooi kan reis. Dit is ondenkbaar.”

Met die uitstel van die Olimpiese Spele is daar in Julie en Augustus twee weke oop op die tenniskalender.

Dit sal egter moeilik wees om Wimbledon in die laat somer te hou, want net twee bane is onderdak.

Organiseerders van die Franse Ope het wel daarin geslaag om dié kleibaantoernooi op Roland Garros van einde Mei na September te skuif.

Dié besluit deur die Franse Tennisfederasie is wyd gekritiseer, want hy het niemand daaroor geraadpleeg nie.

Die nuwe datum bots met verskeie toernooie wat reeds op die kalender is.

Hordorff voorspel die Franse Ope sal nié in September beslis word nie.

Hy sê die Franse Tennisfederasie sal homself die gramskap van die tenniswêreld op die hals haal as hy met die nuwe datum voortgaan.

Hordorff sê dié beheerliggaam moet met ander begin saamwerk.

“Ons moet nou saamstaan en nie iets op ons eie probeer doen nie,” sê hy. – Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.