Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Gefrustreerde’ Kenin wil spelpeil herwin

Die Australiese Ope-kampioen Sofia Kenin sê sy is gefrustreerd met haar onvermoë om die ritme te herontdek wat haar gehelp het om haar eerste Grand Slam-kroon in Melbourne te verower.

Sofia Kenin besef die druk is groot nadat jy jou eerste Grand Slam-titel gewen het. Foto: Getty Images

Die 21-jarige Amerikaner is Dinsdag in die tweede ronde in Katar met 6-3, 7-6(4) deur die tiener Dayana Yastremska geklop. Kenin het verlede week boonop in Dubai oor die eerste hekkie gestruikel teen Elena Rybakina.

“Eerlikwaar, ek moet net weer my ritme vind,” sê sy.

“Dit is regtig frustrerend. Ek het in Melbourne waarskynlik die beste tennis van my lewe gespeel. Ek speel tans seker nie die swakste tennis van my lewe nie, maar dit is nie die spelpeil wat ek wil handhaaf nie.

“Sy (Yastremska) was beter op kritieke tye en ek het te veel foute begaan, ek het eintlik vir die hele wedstryd effens platvoet gevoel. Dit voel asof ek nie my spel kan vind nie.”

Kenin is terug in aksie in Lyon volgende week voordat sy terugkeer na die VSA vir die toernooie in Indian Wells en Miami.

Ash Barty, die voorste speler in die wêreld, Garbine Muguruza, wat in die eindstryd in Melbourne teen Kenin verloor het, en die voormalige wêreld-nommereen Karolina Pliskova het almal deurgedring na die volgende ronde in Katar.

Volledige uitslae.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Sofia Kenin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.