Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Geliefde Aussie-speler sterf
Peter McNamara jare gelede in ’n toernooi vir veterane in aksie. Foto: Getty Images

Die Australiese tennisspeler Peter McNamara, wat drie Grand Slam-titels in die dubbelspel gewen en later ’n prominente afrigter geword het, het sy stryd teen prostaatkanker verloor.

Hy was 64 jaar oud.

McNamara, ’n Melbourne-man, het in sy beroepsloopbaan vyf enkelspel- en 19 dubbelspel-titels gewen en het saam met sy landgenoot Paul McNamee die Australiese Ope-titel in 1979 en die Wimbledon-titel (1980 en 1982) in die dubbelspel gewen.

Sy beste vertoning as enkelspel-speler in ’n Grand Slam-toernooi, was ’n halfeindstryd-plek in die Australiese Ope in 1980.

Paul McNamee en Peter McNamara nadat hulle die Wimbledon-dubbelstitel in 1982 gewen het. Foto: Getty Images

Nadat hy in 1987 as speler uitgetree het, het hy as afrigter en mentor vir spelers soos Mark Philippoussis, Grigor Dimitrov en Wang Qiang opgetree.

McNamara se afsterwe het die Australiese tennisgemeenskap in rou gedompel, met huldeblyke wat ingestroom het.

“Moeilik om te glo dat Macca ná 50 jaar se vriendskap nie meer daar is nie ... jy het jou lewe voluit geleef, maat, en sal erg gemis word deur jou geliefdes en baie ander ... ek klink ’n glasie op ons goeie tye saam,” het McNamee op Twitter geskryf.

Roger Rasheed, ’n bekende Australiese afrigter en ontleder op TV, het McNamara as “een van die grotes” beskryf.

“Hy’s iemand wat jy saam met jou in die loopgrawe wou hê. Hy het in stilte geveg en kan nou in vrede rus.” – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.