Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Dayana mag nié in Aussie-ope speel

Dayana Yastremska van Oekraïne sal nié in die Australiese Ope-tennistoernooi mag afslaan nie.

Dayana Yastremska bly vir eers geskors ná ’n positiewe opkikkertoets. Foto: Reuters

Yastremska het verlede week ’n dringende appèl by die internasionale hof vir sportarbitrasie (CAS) aanhangig gemaak en gehoop om in die Aussie Ope te kan speel.

Yastremska is vroeg verlede maand voorlopig geskors vir die gebruik van ’n anaboliese steroïed.

Yastremska (20) het die urinemonster op 24 November – buite kompetisie – verskaf en ’n laboratorium van die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) in Montreal, Kanada, het mesterolone metaboliet, ’n anaboliese ensiem op sy lys van verbode middels, daarin gevind. Dit is sintetiese testosteroon.

Yastremska, 29ste op die wêreldranglys, ontken dat sy opkikkers gebruik en sê die monster is “besmet”.

Sy sê sy was twee weke tevore skoon toe nog ’n toets in Linz, Oostenryk, gedoen is.

Sy het eers by die Internasionale Tennisfederasie (ITF) appèl aangeteken en toe dit verwerp is, haar tot die CAS gewend in ’n poging om wel in Melbourne te kan meeding.

Die CAS het Woensdag haar appèl verwerp.

Die oë het gerek toe Yastremska ten spyte van haar skorsing, verlede maand wel ’n vlug na Melbourne gehaal het. Sy het 14 dae in kwarantyn deurgebring.

Dit is onseker of sy toegelaat sal word om ’n vlug huis toe te haal.

Haar verhoor sal later plaasvind. – Reuters

Meer oor:  Itf  |  Australiese Ope  |  Verbode Middels  |  Tennis  |  Wada  |  Opkikkers  |  Dayana Yastremska
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.