Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
G’n verskonings ná Djokovic op sy baadjie kry
Daniil Medvedev het met sy kragspel Woensdagaand in Londen sake teen Novak Djokovic dikteer.Foto: Reuters

Novak Djokovic het ’n bedrywige Woensdag gehad. Eers het hy gehoor dat hy benoem is om terug te keer na die ATP-spelersraad, waaruit hy in Augustus bedank het.

Daarna het Daniil Medvedev hom in die ATP-eindtoernooi in Londen na alle uithoeke van die tennisbaan gejaag en ’n skokoorwinning van 6-3, 6-3 behaal.

Djokovic se pad na die halfeindronde is nou aansienlik moeiliker. Die wêreld se voorste speler mik daarna om Roger Federer se ses titels in dié toernooi te ewenaar.

Medvedev se skitterende vertoning beteken hy is die voorste posisie in sy groep gewaarborg.

Djokovic moet Vrydag in sy laaste groepwedstryd met Alexander Zverev, die 2018-kampioen, afreken as hy die halfeindronde wil haal.

Novak Djokovic is Woensdag gestoomroller deur Daniil Medvedev in die ATP-eindtoernooi. Foto: Reuters

Die Serwiër wou in Augustus ’n wegbreekgroep – die Professionele Tennisspelersvereniging – begin, maar dit lyk of hy nou weer teruggelok word na die Spelersraad.

Djokovic het aanvanklik met 3-2 voorgeloop, maar die 24-jarige Medvedev het met kragtige agterbaanspel sy ouer teenstander na alle uithoeke gejaag.

Toe Djokovic sy oë uitvee, het hy met ’n stel en 1-3 agtergeloop.

Medvedev was genadeloos en het voortgegaan om die houeverwisselings van die agterbaan te dikteer en het sy voorsprong tot 5-2 vergroot.

Djokovic het sy afslaan behou, maar die Rus was komkommerkoel en het sy tweede oorwinning behaal. Dit was net Djokovic se vierde nederlaag vanjaar.

“Ek het net sewe baie slegte potte ná mekaar gespeel,” het Djokovic gesê.

“Hy was net beter, daar is geen twyfel daaroor nie. Hy het op ’n hoë vlak gespeel.”

Hy was net beter, daar is geen twyfel daaroor nie. Hy het op ’n hoë vlak gespeel.
Novak Djokovic

Djokovic het intussen ’n beroep op Australiese beamptes gedoen om tegemoetkomend te wees teenoor spelers wat voor die Australiese Ope in opwarmtoernooie wil speel.

Daar is onsekerheid oor wanneer die seisoen gaan begin met Australië wat ’n kwarantyn van twee weke afdwing.

Spelers wil graag ’n toernooi of twee speel voordat die Aussie Ope op 18 Januarie begin.

Alexander Zverev

Die ATP-spantoernooi moet voor die eerste Grand Slam beslis word.

“Ek hoop die Australiese regering en dié van Victoria sal spelers ondersteun en toelaat om in die tweede week van hul kwarantyn deel te neem,” sê Djokovic.

Zverev sê spelers moet toegelaat word om te oefen tydens kwarantyn.”

“Want as jy vir twee weke nie mag oefen nie en jy moet daarna in die Aussie Ope speel, is dit eintlik net ’n lotery,” sê Zverev. – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Daniil Medvedev  |  Serwië  |  Londen  |  Tennis  |  Atp-Eindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.