Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Goran toets ook positief ná Adria-reeks

Goran Ivanisevic, ’n voormalige Wimbledonse kampioen, is ook positief getoets vir die koronavirus ná Novak Djokovic se opspraakwekkende Adria-reeks.

Goran Ivanisevic (middel) het ook nie ’n gesonde afstand gehandhaaf op die Adria-toernooi in Belgrado, Serwië, nie. Foto: Getty Images

Ivanisevic, wat deel is van Djokovic se afrigtingspan, het Vrydag op Instagram gesê ná twee negatiewe toetse is hy nou positief getoets vir dié virussiekte.

“Ek voel goed en het geen simptome nie,” sê die Kroaat, wat Wimbledon in 2001 gewen het.

“Ek sal voortgaan om myself te isoleer. Ek wil net vir almal wat met my in kontak was, daarvan in kennis stel.

Djokovic is erg gekritiseer nadat Grigor Dimitrov van Bulgarye, Kroasië se Borna Coric en Viktor Troicki van Serwië positief getoets is nadat hulle in sy liefdadigheidsreeks in die Balkan-streek gespeel het.

Djokovic het Dinsdag gesê hy en sy vrou, Jelena, is ook positief getoets, asook sy fiksheidsafrigter, Marco Panichi, en Dimitrov se breier, Christian Groh. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Novak Djokovic  |  Adria-Reeks  |  Tennis  |  Koronavirustoets  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.