Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Grey-skoolseun wen tweede ITF-titel

Joubert Klopper, wenner van die Junior ITF Graad 4-tennistoernooi die naweek in Stellenbosch, het sy oog op ’n paar groter toernooie, wat tot moontlike deelname aan ’n Grand Slam kan lei.

Dié graad 11-leerling aan Grey-kollege in Bloemfontein se mikpunt, volgens sy breiers, is om te kyk of hy die kwalifiserende toernooi vir die Australiese Ope volgende jaar kan haal.

Joubert Klopper Foto: Eunice Visagie

Hy is van plan om onder meer in toernooie in Mexiko te gaan speel.

Die tweede gekeurde Klopper het met ’n hele 39 plekke, van 201ste na 162ste, op die seunsranglys verbeter nadat hy die eerste gekeurde Pierre Malan met 6-4, 6-3 in die eindstryd Saterdag in Stellenbosch geklop het.

Die eerste gekeurde Brit Victoria Allen het Suid-Afrika se vierde gekeurde Myah Petchey met 3-6, 6-4, 6-2 om die meisies-titel geklop.

Dit was Klopper (17) se tweede ITF-titel vanjaar nadat hy die toernooi in Julie op die Wanderers gewen het. Hy het toe ook met Malan in die eindstryd afgereken.

“Ek is baie in my noppies oor my tweede internasionale titel van die jaar. Ek het die hele week gevoel ek speel positief en bestendig. Die sege het my met soveel vertroue gelaat,” sê Klopper.

Hy is net soos sy skoolmaat Philip Henning verbonde aan die Gustav Fichardt-tennisakademie.

Klopper was op sy stukke in sy eerste drie wedstryde waarin hy net ses potte verloor het.

Hy het in sy halfeindstryd gesweet teen sy groot vriend, die derde gekeurde Charl Morgan. Klopper was met 3-6, 1-4 agter. Hy het teruggeveg om ’n valbylstryd in die tweede stel af te dwing waarin Morgan weer die voortou met 5-2 geneem het.

Klopper het die valbylstryd met 7-5 verower en was met 3-0 voor in die derde stel toe Morgan uitgetree het.

Klopper sê hy was bewus Morgan se been was seer en dat sy petrol besig was om op te raak ná sy goeie begin.

Sy taktiek om sy peil te lig en Morgan vir elke punt te laat werk, het geslaag.

* Klopper het as vierde gekeurde vir Johan-Louis Vos met 6-3, 6-2 in sy eerste wedstryd in die Graad 3-toernooi Maandag in Stellenbosch geklop.

Die 13-jarige Bella Kruger het haar tweede sege in ’n week oor Megan Basson behaal. Sy het Suid-Afrika se topgekeurde in die toernooi soos in die kwarteindstryd verlede week weer in drie stelle met 6-4, 1-6, 6-2 verslaan.

Meer oor:  Itf  |  Grey Kollege  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.