Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Griek Tsitsipas breed in Rafa se pad

Die onoorwonne Stefanos Tsitsipas van Griekeland staan Vrydag breed in die pad van Rafael Nadal en ’n plek in die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi.

Stefanos Tsitsipas loop vandeesweek oor van selfvertroue. Foto: Getty Images

Die 21-jarige Tsitsipas het sy plek uit die Andre Agassi-groep bespreek toe hy Alexander Zverev, die verdedigende kampioen, Woensdagaand in sy tweede wedstryd met 6-3, 6-2 in Londen geklop het.

Nadal, Zverev van Duitsland en die Rus Daniil Medvedev het al drie nog ’n kans om ook die halfeind te haal. Medvedev moet Zverev in twee stelle in sy laaste groepwedstryd klop en hoop Nadal verloor.

Tsitsipas, die sesde gekeurde, is reeds in die halfeind van sy eerste jaareindtoernooi. Hy beloof intussen om alles te gee teen Nadal, maar hy wil dié wedstryd ook gebruik om te leer en hom te staal vir die toekoms.

“Ek gaan dit my alles gee. Ek dink ook dit is ’n baie goeie uitdaging wat my op moeiliker wedstryde soos halfeindrondes en moontlike eindstryde sal voorberei.

“Die wedstryd sal in die opsig baie vir my beteken en ek sal probeer om soveel as moontlik daaruit te kry,” het Tsitsipas aan www.atptour.com gesê.

Hy het reeds vanjaar ’n keer, nogals op klei en in Spanje, glorie ervaar teen Nadal, 12 jaar ouer as hy.

Dit was een van sy sewe seges oor ’n top10-teenstander vanjaar.

Die jong Griek sê dit bly ’n aansporing om te speel teen van die grotes na wie hy altyd op televisie gekyk het.

Tsitsipas het vandeesweek nog nie ’n stel verloor nie.

Maar die eerste gekeurde, Nadal (33), se selfvertroue is self baie hoog ná sy uitsonderlike terugvegpoging Woensdag teen Medvedev waarin hy op 1-5 in die beslissende stel ’n wedstrydpunt afgeweer en toe gewen het.

“Ek het beter as in die eerste wedstryd gespeel. Dis iets baie positief om weer op die vlak te wees nadat ek voor die toernooi nie juis kon oefen en voorberei soos ek wou nie,” het Nadal gesê.

Matteo Berrettini van Italië vier Donderdag sy wedstrydpunt teen Dominic Thiem. Foto: Getty Images

* Die vyfde gekeurde, Dominic Thiem van Oostenryk, wat met seges oor Novak Djokovic en Roger Federer reeds sy plek in die halfeind bespreek het, het Donderdag sy laaste Bjorn Borg-groepwedstryd teen Italië se Matteo Berrettini met 6-7(3), 3-6 verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.