Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Groentjie Aslan deur; Thiem duik in hek

Rusland se Aslan Karatsev het die eerste tennisspeler in 25 jaar geword om in sy buiging in ’n Grand Slam-toernooi die kwarteindronde te haal.

Naomi Osaka het haar plek in die kwarteindronde van die Australiese Ope bespreek deur met Garbine Muguruza van Spanje af te reken. Foto: Getty Images

Karatsev het die 20ste gekeurde Kanadees, Felix Auger-Aliassime, Sondag met 3-6 1-6 6-3 6-3 6-4 in die vierde ronde van die Australiese Ope geklop.

Die 27-jarige het ná sy oorwinning gesê die oorwinning was alles behalwe maklik, berig atptour.com.

“Aan die begin was dit regtig moeilik om teen hom (Auger-Aliassime) te speel. Hy is regtig ’n baie goeie speler en iemand wat baie vinnig speel.“

Dit het my twee stelle geneem om ’n manier te vind om teen hom te speel,” het Karatsev gesê.

Die Rus kom nou in die kwarteindronde teen die 18de gekeurde Grigor Dimitrov van Bulgarye te staan. Dimitrov het ’n opskudding veroorsaak deur die derde gekeurde Dominic Thiem, 2020 se naaswenner, van Oostenryk te klop. Die 29-jarige Dimitrov was met 6-4, 6-4, 6-0 baas. 

Wat die vroue-enkelspel betref, het die derde gekeurde Naomi Osaka van Japan ook haar plek in die laaste agt bespreek. Osaka het die 14de gekeurde Spanjaard Garbiñe Muguruza met 4-6, 6-4, 7-5 geklop.

Haar teenstander in die kwarteindronde is die ongekeurde Taiwannees Hsieh Su-wei. Su-wei het die Tsjeg Marketa Vondrousova, 19de gekeur, in hul kragmeting in die vierde ronde met 6-4, 6-2 geklop.

Ook die tiende gekeurde Amerikaner, Serena Williams, wat sewe keer tevore die Aussie-ope gewen het, se aanslag op nog silwerware is steeds lewendig.Sy het die sewende gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus met 6-4, 2-6, 6-4 geklop. – Sportredaksie


Meer oor:  Australiese Ope  |  Dominic Thiem  |  Naomi Osaka  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.