Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Groot wêreldtennis op pad na Potch

Tennis op plaaslike bodem het ’n inspuiting gekry met die nuus dat ’n ATP Challenger-toernooi in 2020 in Suid-Afrika beslis gaan word – vir die eerste keer sedert 2013.

Sheldon Rostron
Sheldon Rostron, hoof van sport by die Noordwes-Universiteit. Foto: Elizabeth Sejake

Die toernooi sal in Maart by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus se nuwe bane gespeel word.

Challenger-toernooie is die tweede hoogste vlak van internasionale ATP-toernooie, onder die ATP-reeks se 250-, 500- en meesterstoernooie.

Die nuwe toernooi sal in Suid-Afrika plaasvind danksy ’n ooreenkoms tussen Tennis Suid-Afrika (TSA) en Henico Schalekamp van PKF Octagon, sowel as ATP.

TSA en Schalekamp sal die medeborge wees met die doelwit om die toernooi se profiel en statuur in die volgende jare uit te brei.

Schalekamp sê in ’n verklaring op TSA se webblad hy is opgewonde dat hy kon help om die toernooi na Suid-Afrika te bring.

“As ’n geesdriftige tennisspeler is ek reeds vir ’n paar jaar opgewonde daaroor om die sport te laat groei en om in plaaslike toernooie te belê.

“Ek is baie beïndruk met die werk wat die afgelope paar jaar by TSA gedoen is, en nou lyk dit soos die regte tyd om in my persoonlike hoedanigheid betrokke te raak.

“Ek en TSA het groot planne vir die toernooi en saam hoop ons dat dit in die komende jaar van krag tot krag sal gaan,” sê Schalekamp.

Ook Sheldon Rostron, hoof van sport by die NWU, sê dit is ’n voorreg vir die universiteit om gasheer vir die toernooi te wees.

“Ons is opgewonde om gasheer vir die toernooi te wees en ’n bydrae tot tennis in die land te lewer. Die vennootskap is hopelik iets wat sal help om volhoubare wêreldklas-byeenkomste te skep.” – Sport24

Meer oor:  Tennis  |  Noordwes-Universiteit  |  Tsa  |  Nwu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.