Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Gulde’ geleentheid wag op Serena

Serena Williams het ’n groot geleentheid wat op haar wag wanneer sy volgende week op Wimbledon op haar gunsteling-oppervlak teen ’n verfloude veld by die bekende All England-klub te staan kom.

Serena Williams Foto: Getty Images

Die 39-jarige Amerikaner sit haar stryd om ’n 24ste Grand Slam-titel voort, maar haar wisselvalligheid laat baie reeds wonder of sy die geestelike en fisieke krag het om sewe hoëgehalte-wedstryde op te dis.

“Dít is die vraag wat almal vra,” het die voormalige voorste speler in die wêreld en 18-malige Grand Slam-kampioen Chris Evert gesê.

Die kombinasie van ’n vinnige oppervlak wat tel in die guns van spelers wat daarvan hou om kraghoue uit te deel en ’n lys teenstanders soos Ash Barty en Simona Halep, wat albei pas ná beserings terug is, tesame met Naomi Osaka wat om persoonlike redes afwesig sal wees, maak die deur vir Williams oop.

“Ek beskou dit as ’n gulde geleentheid vir haar,” het Evert gesê.

“As daar nou al ooit ’n jaar was wat goed gelyk het, en as daar al ooit ’n Grand Slam was waar sy in staat is om te wen, dan sal dit vanjaar se Wimbledon wees.”

Benewens Barty en die verdedigende kampioen, Halep, sal Bianca Andreescu, Aryna Sabalenka, Barbora Krejcikova en Karolina Pliskova hulself as uitblinkers op grasbane wil bewys, het Evert bygevoeg.

“Daar is egter altyd twee kante aan ’n muntstuk. Hierdie nuwe generasie is vreesloos en vol vertroue.”

Dít is ’n gepaste beskrywing vir die 17-jarige Coco Gauff, wat Wimbledon in 2019 soos ’n storm getref het toe sy Venus Williams geklop het op pad na die vierde ronde, waar sy eindelik die knie voor die eindelike kampioen, Halep, moes buig.

Gauff het vroeër die maand die kwarteindronde in die Franse Ope gehaal en, selfs al was daar ’n glips in haar Wimbledon-voorbereiding toe sy Woensdag in ’n opwarmingstoernooi teen Anastasija Sevastova vasgeval het, sal sy gretig wees om die volgende groot tree in haar jong loopbaan te gee.

“Sy het haar vaardighede in die kleibaan-seisoen tot ’n volgende vlak ontwikkel,” het Evert gesê.

“Sy het met elke toernooi beter en beter geword. Ek dink as haar afslaan in die kol is, kan sy maklik tot die tweede week deurdring, dalk selfs ’n kwarteindstryd of halfeindstryd op Wimbledon haal.”

Die tennis-legende John McEnroe het Evert se siening beaam.

“Ek dink sy kan ver kom in die toernooi – halfeindronde of eindronde. Dit is heel moontlik as dinge goed gaan.”

Wimbledon se hoofwedstryde begin Maandag. – Reuters

Meer oor:  Simona Halep  |  Ash Barty  |  Serena Williams  |  Coco Gauff  |  Wimbledon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.