Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep deur presidensie, kerk vereer
Simona Halep het haar tweede Grand Slam-titel by Wimbledon gewen. Foto: Getty IMages

Roemenië se presidensie en die Ortodokse kerk het die Wimbledon-kampioen Simona Halep met hul hoogste eerbewyse vereer, terwyl honderde aanhangers haar Maandag op die lughawe tuis verwelkom het.

Halep (27) het Saterdag die eerste Roemeense vrouespeler geword om die enkelspeltitel by Wimbledon te wen toe sy die sewemalige kampioen Serena Williams in 56 minute in die eindstryd met 6-2, 6-2 afgestof het.

“Ek het my geleentheid gebruik. Ek het my beste gelewer en dit is hoekom ek daarin kon slaag om te wen,” het ’n stralende Halep aan joernaliste by Boekarest se internasionale lughawe gesê.

Aanhangers het luidkeels gejuig “Bravo, Simona!” terwyl sy met haar trofee en blomme in die hand bewonderaars ontmoet het.

“Ek het deurlopend op my taktieke gefokus. Serena is die beste speler van alle tye.”

Dit was Halep se tweede Grand Slam-titel nadat sy in 2018 in Parys by Roland Garros geseëvier het.

Die presidensie het Halep met die Ster van Roemenië vereer, terwyl sy die Patriargale Kruis by die kerk ontvang het.

“Ek maak altyd die teken van die kruis en glo in God want niks kan sonder God se hulp vermag word nie,” het Halep destyds gesê ná haar oorwinning by die Franse Ope verlede jaar.

– Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Simona Halep  |  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.