Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep in eerste Wimbledon-eindstryd

Die sewende gekeurde Simona Halep het vir die eerste keer die eindstryd van Wimbledon gehaal toe sy die Oekraïne se Elina Svitolina in die dag se eerste halfeindstryd geklop het.

Simona Halep. Foto: Getty Images

Die Roemeen was in ’n uur en 12 minute met 6-1, 6-3 baas.

Die agtste gekeurde Svitolina was die eerste vrou van Oekraïne in ’n Wimbledonse halfeindstryd.

Halep het op 3-3 met die sewende pot die eerste deurbraak van die tweede stel bewerkstellig en daarna nie teruggekyk nie.

Sy het aan die einde twee wedstrydpunte gehad en kon eers met die tweede die wedstryd beklink nadat sy met die eerste dalk te gretig was en die bal toe in die net vasgeslaan het.

Die 27-jarige Halep het vyf jaar gelede in 2014 laas die halfeindstryd op Wimbledon gehaal.

Sy het na die tyd gesê dis “die beste oomblik van my lewe” om nou vir die eerste keer na die eindstryd deur te dring.

Halep het verlede jaar die Franse Ope gewen en sal Saterdag in haar vyfde Grand Slam-eindstryd speel.

Meer oor:  Wimbledon  |  Elina Svitolina  |  Simona Halep  |  Halfeind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.