Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep en Muguruza kook Doer Onder
Simona Halep vier Woensdag haar oorwinning. Foto: Getty Images

Simona Halep was Woensdag briljant teen Anett Kontaveit om die halfeindronde van die Australiese Ope in slegs 53 minute te haal.

Die 28ste gekeurde Estlander het die eerste pot van die eerste stel gewen, maar sy is daarna deur Halep van die baan gevee en die Roemeen het met 6-1, 6-1 geseëvier.

Die 28-jarige Wimbledon-kampioen, vierde gekeur, het 11 agtereenvolgende potte gewen voordat Kontaviet geslaag het om haar afslaan te behou in die tweede laaste pot van die kragmeting.

“Ek het uitstekend gevoel op die baan. My bene voel sterk en ek was gefokus in elke punt wat ek gespeel het,” sê Halep.

Halep, wat nog nie ’n enkele stel by vanjaar se toernooi afgestaan nie, pak Garbine Muguruza vir ’n plek in die eindstryd.

Garbine Muguruza pak Halep vir ’n plek in die eindstryd. Foto: Getty Images

Die 26-jarige Muguruza, wenner van twee Grand Slam-titels maar ’n ongekeurde in Melbourne, het Rusland se Anastasia Pavlyuchenkova met 7-5, 6-3 geklop.

Die Spanjaard het nie gelyk soos iemand wat ’n kans staan om die titel te wen nie nadat sy haar eerste stel by vanjaar se toernooi met 0-6 teen die Amerikaner Shelby Rogers verloor het.

Sy het sedertdien merkwaardig verbeter en in die vorige twee rondes met Elina Svitolina (vyfde gekeur) en Kiki Bertens (negende) in skoonstelle afgereken.

“Ek is opgewonde om in my eerste halfeindstryd in Melbourne te speel. Ek ken haar (Halep) reeds lank so dit gaan ’n taai wedstryd wees,” sê Muguruza.

Donderdag se ander halfeindstryd word tussen die Aussie Ashleigh Barty, die wêreld se voorste speler, en Sofia Kenin (14de) van die VSA beslis.

* In die mansloting het die Duitser Alexander Zverev die verdigende kampioen, Stan Wawrinka van Switserland, met 1-6 6-3 6-4 6-2 geklop om sy eerste Grand Slam-halfeindstryd te haal.

VOLLEDIGE UITSLAE

– Sportredaksie, AusOpen.com

Meer oor:  Australiese Ope  |  Simona Halep  |  Tennis  |  Garbine Muguruza
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.