Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep en Venus veilig; Cilic en Ferrer vou
Simona Halep speel in die kwarteindronde in die WTA-reeks se toernooi in Indian Wells. Foto: Getty Images

Die wêreld se voorste vrouespeler, Simona Halep, het Dinsdagaand gemaklik deurgedring tot die kwarteindronde van die Paribas Ope deur die Chinees Wang Qiang met 7-5, 6-1 te verslaan.

Die Roemeen, een van twee voormalige kampioene wat nog staande is in Indian Wells, het sover vanjaar 17 van haar 18 kragmetings gewen en reeds die enkel- en dubbelspeltitel by die Shenzhen Ope in China verower.

Supersport.com berig Halep kom volgende teen Petra Martic te staan nadat die Kroaat met 6-3, 7-6 (7/4) met Marketa Vondrousova van die Tsjeggiese Republiek afgereken het.

Die agtste gekeurde Venus Williams het ’n taai toets teen Anastasija Sevastova van Letland geslaag deur met 7-6 (8/6), 6-4 te seëvier, terwyl die Tsjeg Karolina Pliskova (vyfde) met 6-1, 7-6 (7/2) teen Amanda Anisimova van die VSA gewen het.

Die Deen Caroline Wozniacki, tweede op die wêreldranglys, is met 6-4, 7-5 deur die Rus Daria Kasatkina (19de) geklop.

Caroline Wozniacki sal nie vandeesweek die boonste plek op die wêreldranglys terugwen nie. Foto: Getty Images

Wozniacki, die kampioen in 2011, se kans om haar plek vandeesweek boaan die ranglys terug te neem, is nou ook daarmee heen.

* In die mansloting het Juan Martín Del Potro sy oorheersing van David Ferrer voortgesit, terwyl Marin Cilic (tweede) ’n skoknederlaag gely het.

Del Potro (agtste) het sy vyfde agtereenvolgende sege teen die Spanjaard behaal deur hom met 6-4, 7-6 (7/3) te klop.

Die gewilde Juan Martín Del Potro is goed op dreef. Foto: Getty Images

Die 29-jarige Argentyn, wat 13 van sy 16 wedstryde sover die seisoen gewen het en in Januarie die eerste keer sedert 2014 weer die toptien gehaal het, kom volgende teen sy landgenoot Leonardo Mayer te staan.

Cilic is in skoon stelle deur die Duitser Philipp Kohlschreiber met 6-4, 6-4 uit die toernooi geboender.

Die 29-jarige Kroaat, wat die eindstryd van twee van die laaste drie Grand Slam-toernooie gehaal het, se wenrekord vir die seisoen het tot 10-4 geval.

Elders het die Kanadees Milos Raonic Portugal se João Sousa met 7-5, 4-6, 6-2 geklop en Sam Querrey van die VSA het terugbaklei om Yuki Bhambri (Indië) met 6-7 (4/7), 6-4, 6-4 te troef.

Volledige uitslae.

– Sportredaksie

Meer oor:  Simona Halep  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Caroline Wozniacki  |  Juan Martin Del Porto  |  Wta  |  Atp  |  Venus Williams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.