Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Simona Halep sê sy is al 6 j. in inperking

Die Roemeense tennisspeler Simona Halep verwag die terugkeer na tennisbane ná die Covid-19-pandemie gaan ’n ernstige sielkundige en fisieke uitdaging wees.

Die staat van inperking het Simona Halep kans gegee om bestekopname van haar lewe te neem. Foto: Getty Images

Halep (28) moes soos alle ander tennisspelers ook in Maart tydelik haar rakette wegpak toe baie lande ’n staat van inperking ingestel het om die verspreiding van die koronavirus te probeer beperk.

Terwyl sommige sportsoorte die laaste tyd hervat het en wedstryde agter geslote deure beslis word, is daar nie duidelikheid wanneer die WTA-reeks gaan hervat nie.

“Voor die staat van inperking was die langste onderbreking wat ek nog gehad het, drie tot vier weke,” sê Halep, wat tans tweede op die wêreldranglys is en met twee Grand Slam-titels spog.

“Ek weet nie wat ander spelers gedurende dié tydperk (Covid-19) gedoen het nie, miskien het sommige gaan draf of oefeninge gedoen om sterker te word, ek weet nie en kan ook dit ook nie aanneem nie. Maar ek kan aan my eie vel voel dat dit vir my baie moeilik gaan wees. Dit maak baie saak dat ek geen amptelike wedstryde gespeel het nie.

Jy kan vir ’n hele jaar vyf uur op ’n dag oefen, maar as jy nie wedstryde speel het nie, is jy nie in die spel nie. Daar is ’n groot verskil.”

Volgens haar het die inperkingstyd haar haar lewe in heroënskou laat neem en dit wat sy gesien het, maak haar nie gelukkig nie.

“Ek het baie geleer gedurende die twee maande van inperking en ek het besef dat ek eintlik al die afgelope ses jaar in ’n totale inperking is. Ek het besef dat ek iets in my lewe moet verander as ek op ’n emosionele en persoonlike vlak wil ontwikkel,” sê Halep.

“Die feit dat ek vir ses jaar in inperking was, het my gehelp om die wêreld se voorste speler te word. Maar vir my om nou ’n lewe sonder tennis te hê, is dit belangrik dat ek nuwe gevoelens ontwikkel en ander dinge raaksien.” – TeamTalk

Meer oor:  Koronavirus  |  Simona Halep  |  Tennis  |  Wta  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.