Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Simona Halep wen 1ste titel van 2020

Simona Halep het haar 20ste WTA-titel verower nadat sy teruggeveg het teen Elena Rybakina in die eindstryd van die Dubaise tenniskampioenskap.

Simona Halep in die eindstryd van die Dubaise kampioenskap teen Elena Rybakina in aksie. Foto: AP

Halep van Roemenië het die eerste stel verloor en daarna gewys waarom sy die wêreld se nr. 2 is onderweg na haar oorwinning van 3-6, 6-3, 7-6(5).

Dit was die Wimbledon-kampioen se eerste titel van 2020.

Rybakina van Kazakstan kan nietemin trots wees op haar vertoning. In die laaste 12 maande het sy van 192ste tot 19de op die wêreldranglys geklim.

“Sy is so jonk en het nog baie jare oor om op die hoogste vlak te speel,” het Halep ná die wedstryd oor haar teenstander gesê.

“Dit was ’n wonderlike wedstryd en ek wil graag vir Elena gelukwens, want sy het baie goed gespeel.

“Maar ek het hard geveg, ek wou regtig die toernooi wen, want dit is vir my lekker om hier te speel en ek het alles gegee wat ek het.” – TeamTalk

Meer oor:  Simona Halep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.